• 3
  • 3

Monthly Costs

Monthly Bond Repayment ZAR .

Calculated over years at % with no deposit. Change Assumptions

Affordability Calculator | Bond Costs Calculator | Bond Repayment Calculator | Apply for a Bond

Bond Calculator

R
R
%
years
R


BetterBond

Disclaimer: The estimates contained on this webpage are provided for general information purposes and should be used as a guide only. While every effort is made to ensure the accuracy of the calculator, RE/MAX of Southern Africa cannot be held liable for any loss or damage arising directly or indirectly from the use of this calculator, including any incorrect information generated by this calculator, and/or arising pursuant to your reliance on such information.

Property description

Hierdie uitstekende eiendom bestaan uit die volgende:

Oopplan kombuis en leefarea

3 Slaapkamers(elk met ‘n rivier uitsig, balkon, dakwaaier, lugreëling) met 3 en-suite badkamer.

Privaat jetty en grasperk

Koop sluit in huisraad en linne

Die Huis:

Die ‘superstructure’ en die res van die huis is van SABS goedgekeurde hout gebou met bekleding buite van sementvelsel ‘Vermont’ bouplanke en binnemure ‘n gladde pleister afwerking en duursame verf. Grondvloer en buite dek is van glans verseelde soliede rooi Ysterhout. Alle boumateriaal voldoen aan SABS en is deur die plaaslike raad goedgekeur. (230 vierkante meter).

Die Reservaat:

Die reservaat is uitstekend geleë in die hart van die Vredefort koepel wat as Wêreld erfenis geklassifiseer is, en is uitstekende waarde toevoeging vir die natuur familie wat rustigheid, ontspanning in die bos wil geniet.

Die reservaat is geleë aan die Vaalrivier, stroomop vanaf Schoemansdrift, binne die Vredefort koepel. Die reservaat is pragtig geleë tussen die rante wat gevorm is deur die impak van die meteoriet met die Vaalrivier wat daar deur kronkel. Die reservaat is ongeveer 20 minute se ry vanaf Potchefstroom en Parys en een uur vanaf die Rand. Dit is ‘n reservaat wat voorsiening maak vir agt -en dertig erwe met woonhuise waartoe die algemene publiek nie toegang het nie.

Verskeie fasiliteite is aangebring, naamlik elektrisiteit vanaf Eskom, water vanuit die boorgat en ‘n ‘n water suiwerings aanleg. Verdere fasiliteite is ’n swembad, boot sleephelling, visvang-jetties, wandelpaaie binne die reservaat, en nog vele meer.

Uitstekende geriewe vir visvang, roei, wandel en ontspanning in die natuur is beskikbaar. Die reservaat is ten volle omhein met 2.5 meter hoë wildsheining en verskeie spesies wild is op die terrein. 

Toegang tot die reservaat is d.m.v afstandbeheerde elektriese hekke. Die reservaat het deur middel van n serwituut wandel regte van ongeveer 14 kilometer op die aangrensende wildsplaas.

Property Details

  • 3 Bedrooms
  • 3 Bathrooms
  • 3 Ensuite
  • 1 Lounges
  • 1 Dining Area

Property Features

  • Deck
  • Club House
  • Aircon
  • Pets Allowed
  • Fence
  • Access Gate
  • Scenic View
  • Kitchen
  • Fire Place
  • Family TV Room